Franse boere blokkeer steeds paaie

Boere in Frankryk sit hulle landwye betogings voort en hou by die dreigement van padblokkades om Parys. Hulle betoog oor regeringsmaatreëls wat nie aan hulle eise vir beter betaling en lewensomstandighede voldoen nie. Reuters berig eerste minister Gabriel Attal se regering het vroeër planne laat vaar om geleidelik staatsubsidies op diesel te verlaag, en ander stappe aangekondig om die druk waaronder sommige boere is te verlig. Frankryk se grootste landbou-unie, die FNSEA, sê die betogings sal voortduur en talle boere is steeds by padblokkades by belangrike paaie.