Frans Steyn terug by Cheetahs

Die Cheetahs se nuwe direkteur van rugby is ‘n bekende gesig vir liefhebbers van die spel. Die unie se voormalige Springbok-held, Frans Steyn, sal vanaf volgende Woensdag die rol vervul. Die tweemalige Wêreldbeker-wenner het vier maande gelede sy uittrede aangekondig na ʼn lang gesukkel om van ’n kniebesering te herstel. Hy het van 2006 tot verlede jaar 78 toetse vir Suid-Afrika gespeel en 168 punte aangeteken. Die Cheetahs se uitvoerende hoof, Ross van Reenen, sê Steyn is ‘n ikoniese figuur en hulle glo hy sal help om die unie as ‘n krag te hervestig en uit te bou.