Frankryk wil Sudan bystaan

Terwyl gevegte in Sudan voortwoed, sê Frankryk hy sal in April ‘n humanitêre konferensie aanbied om hulp aan die land te verleen. Die Franse regering het kommer oor die humanitêre krisis wat ontvou. Duisende mense is dood met 1,6 miljoen Sudanese wat gevlug het terwyl 25 miljoen mense, bykans helfte van die bevolking wat voedselhulp nodig het terwyl 18 miljoen akute voedseltekorte ervaar.