Frankryk stem vandag, verregse Le Pen kan wen

Franse kiesers stem vandag in die in die eerste ronde van die parlementêre verkiesing wat Frankryk se eerste verregse regering sedert die Tweede Wêreldoorlog kan inlui. President Emmanuel Macron het die verkiesing aangekondig na sy sentristiese alliansie vandeesmaand in die Europese verkiesings verpletter is deur Marine le Pen se National Rally-party. Die finale uitslag word op 7 Julie, na die tweede ronde stemmery voltooi is, verwag.