Frankryk skors Jaminet oor rassistiese aanmerkings

Rugby: Die Franse heelagter Melvyn Jaminet is geskors nadat hy ʼn video met ʼn rassistiese opmerking op sosiale media geplaas het. Die 25-jarige speler het Saterdag in Mendoza van die bank af gekom tydens Frankryk se oorwinning oor Argentinië. Die Franse Rugbyfederasie veroordeel die opmerking as onaanvaarbaar en strydig met die basiese waardes van die sport. Jaminet het verskoning gevra en sê hy verstaan sy opmerking het mense seergemaak en aanstoot gegee. Hy voeg by rassisme in enige vorm is onaanvaarbaar.