Frankryk se Antoine Griezmann tree uit internasionale sokker

Sokker: Die Franse middelveldspeler, Antoine Griezman, het op die ouderdom van 33 sy uittrede uit die internasionale spel aangekondig. Hy was een van die land se beste spelers tydens die afgelope twee Wêreldbekertoernooie toe Frankryk in 2018 in Rusland die titel gewen en in 2022 in Katar in die eindstryd teen Argentinië verloor het. Griezmann sê na ʼn dekade van uitdagings, suksesse en onvergeetlike oomblikke het dit tyd geword om opsy te staan vir die nuwe geslag. Hy het 44 doele aangeteken in 137 wedstryde vir Frankryk.