Frankryk gaan Sondag stembus toe

Die politieke rolspelers in Frankryk doen vandag vir oulaas ‘n oproep om stemme in ‘n maak-of-breek-verkiesing waartydens die verregses die eerste keer in die geskiedenis beheer kan oorneem. Die tydperk vir veldtogte eindig om middernag met môre ‘n blaaskans waartydens geen politieke bedrywighede mag plaasvind nie voor stemdag Sondag. Nog ‘n week van veldtogte volg dan voor die beslissende tweede ronde op 7 Julie. Die verregse National Rally sal na verwagting die verkiesing wen en kan dus moontlik die eerste keer in die geskiedenis die pos van eerste minister beklee.