Frankryk deporteer Tunisiese Imam oor kommentaar oor vlag

Frankryk het die Tunisiese Imam Mahjoub Mahjoubi gedeporteer nadat hy onaanvaarbare aanmerkings oor die land se vlag gemaak het. Die Franse minister van Binnelandse Sake, Gérald Darmanin, sê hy het die vlag satanies noem in ‘n aanlyn video wat wyd versprei is. Darmanin het Frankryk se nuwe immigrasiehervormings geloof, omdat dit vinnige deportasie moontlik gemaak het. Die Imam het egter die beskuldigings ontken en sê hy het nie bedoel om oneerbiedig te wees nie. Hy het 38 jaar in Frankryk gewoon en was ‘n imam by die Ettaouba-moskee in die suide.