Frankryk, Argentinië skop naweek se toetsaksie af

Rugby: ‘n Naweek vol toetsaksie wag weer op aanhangers. Frankryk en Argentinië skop die verrigtinge vanaand in Parys af, terwyl Ierland en Fidji môre in Dublin speel. Dan volg die verwagte reuse-botsing tussen die Springbokke en Wallis in Cardiff. Die gasheer moet probeer om ná elf agtereenvolgende nederlae weer te wen, terwyl die Bokke daarna mik om die eerste keer sedert 2013 hul jaareindtoer onoorwonne af te sluit. Italië speel Sondag in La Nucia teen die All Blacks, terwyl Australië en Skotland mekaar in Edinburgh die stryd aansê.