Frankryk: Aanvallers teiken verregse kandidaat

Gemaskerde aanvallers het ‘n verregse kandidaat aangerand tydens ‘n veldtog voor Frankryk se parlementêre verkiesing. Dit is die jongste voorval van geweld wat politici regoor Europa teiken. Hervé Breuil, ‘n kandidaat vir Marine Le Pen se National Rally -party, is aangerand toe hy saam met ander pamflette in die nywerheidstad Saint Étienne, in Sentraal-Frankryk, uitgedeel het. Getuies sê die groep is beledig en rondgestamp. Die staatsaanklaer het aan die Franse uitsaaier TF1 gesê Breuil is geskop, terwyl ‘n polisiebron sê vrot vrugte is ook na die groep gegooi. ‘n Ondersoek is van stapel gestuur.