Fout by Chinese aanleg veroorsaak landswye kragonderbreking in Uganda

Uganda het Vrydag ‘n seldsame landwye elektrisiteitsonderbreking gely vir ‘n paar uur, met kragtoevoer wat laatmiddag geleidelik herstel was. Die netwerkafsluiting het plaasgevind tydens die toets van ‘n nuut voltooide, Chinees-geboude 1,5 miljard Amerikaanse dollar, 600 megawatt hidro-kragaanleg aan die Nylrivier in die land se noorde. Uganda het ‘n geïnstalleerde kragopwekkingsvermoë van 2 000 MW, volgens die ministerie van energie. Dit genereer meer krag as wat dit verbruik en het die moontlikheid ondersoek om die surplus na bure soos Suid-Sudan en Kenia uit te voer.