Four Paws sê grootkat-bedryf in SA smokkel
Die grootste tierplase buite Asië werk vrylik in Suid-Afrika, en fasiliteer die onwettige smokkel van tierliggaamsdele, volgens ‘n verslag deur die dierewelsynsorganisasie Four Paws. Four Paws, wat ’n veldtog voer om Suid-Afrika se grootkat-bedryf te sluit, het 103 plekke in die land gevind waar tiere in 2023 of 2024 in aanhouding was of gedurende die vorige drie jaar aangehou is. Verskeie fasiliteite teel tiere om hul liggaamsdele aan China of Viëtnam te verkoop vir gebruik in tradisionele medisyne. Die verslag het drie netwerke identifiseer wat volgens hulle bekend is of vermoedelik betrokke is. Leeubeendere word ook onwettig uit Suid-Afrika uitgevoer om in Asië as tierbeendere verkoop te word.