Formule E nie weer in Kaapstad

Motorsport: Formule E sal nie in 2024 na Kaapstad terugkeer nie. Die eerste resies daar in 2023 is geloof as ‘n massiewe sukses, soveel so dat dit die toekenning gekry het as die Beste Nuwe Geleentheid. Baie mense het gehoop dit sou terugkeer, maar die kalender van die 16 rondes bevestig Kaapstad sal nie weer dié seisoen die gasheer wees nie. Die seisoen begin die naweek in Meksiko.