Formule 1-sukses ‘alles nuut vir McLaren’
Motorsport: McLaren se Formule Een-spanhoof, Andrea Stella, sê pogings om Lando Norris te steun in die bestuurderskampioenskap, sal volgens die span se beginsels vir sportmanskap en regverdigheid plaasvind. Die span sal voorkeur gee aan Norris bo Oscar Piastri in hul stryd om die bestuurders- sowel as die vervaardigerskampioenskap te wen. Norris spring die naweek in Azerbeidjan se Grand Prix weg met ʼn agterstand van 62 punte teenoor Max Verstappen van Red Bull. Die gewese wêreldkampioen Nico Rosberg sê dis alles nuut vir McLaren.