Forbes verduidelik Farm 37-vertragings

Die oorgang van agterplaasplakkers na Farm 37, ook bekend as Green Valley, net buite Walvisbaai het teen ‘n stadige pas begin. In Augustus het die huidige raad erwe aan 50 agterplaasplakkers as loodsfase toegeken. Die burgemeester van Walvisbaai, Trevino Forbes, het ‘n opdatering gegee van bedrywighede by Farm 37. Die raad is besig om gemeenskaplike watermeters te installeer terwyl daar aan die verskaffing van individuele watermeters gewerk word. Hy sê die inwoners is gelukkig daar en die raad is ook gelukkig oor wat hulle daar sien. Kosmos 94.1 Nuus het met Trevino gepraat oor die uitdagings en wat die raad mee besig is.