Forbes sê hy reis vir dorp, nie homself

Walvisbaai-raadslede is ontevrede met burgemeester Trevino Forbes omdat hy ‘n vergadering in Ethiopië bygewoon het sonder om hulle te raadpleeg. Forbes was by die Verbond van Burgemeesters in Afrika suid van die Sahara, wat van 4 tot 6 September by die Africa Urban Forum plaasgevind het. Raadslede het hul kommer tydens ‘n raadsvergadering geopper. Hoewel ’n raadsvergadering geskeduleer was om die reis te bespreek, het dit nie plaasgevind voor Forbes se vertrek nie. Forbes het sy optrede verdedig sê dat sy bywoning van sulke byeenkomste bedoel is om die dorp tot voordeel te strek.