Fopdokter agter tralies

Die Departement van Gesondheid in Gauteng vra waaksaamheid teen bedrieërs wat die lewe van pasiënte en personeel in gevaar stel. Dit volg nadat ‘n vrou aangekeer is wat haarself as ‘n dokter voorgedoen het by die Tembisa Tersiêre Hospitaal. Die verdagte is aan die polisie oorhandig. Die woordvoerder van die departement, Motalatale Modiba, sê ‘n ondersoek is aan die gang om te bepaal hoe die bedrieër toegang tot die hospitaal verkry het: