Fonds vir indiensneming en opleiding moontlik gestig

Die Maatskaplike Sekerheidskommissie het ‘n oproep geloods in die weeklikse Tender Bulletin vir voorstelle vir sy ontwikkelingsfonds, vir die befondsing van indiensneming- en opleidingskemas. Die fonds beoog om werkskepping en opleiding te verskaf aan werklose sosio-ekonomies benadeelde persone. Kosmos 94.1 Nuus het met die aktivis George Kambala gesels oor of hierdie program genoeg sal wees om die werkloosheidskrisis in Namibië aan te spreek.