Fokus op beter onderlinge handel in Afrika

Afrika moet ‘n verenigde benadering volg ten opsigte van internasionale handelskwessies, volgens die Sentraal-Afrikaanse Republiek se ambassadeur in Suid-Afrika, André Nzapayeke. Hy het dit gesê aan afgevaardigdes by die Suid-Afrikaanse Brics-sakeraad se vergadering in Johannesburg. Dié vergadering is ‘n voorloper tot die Brics-beraad wat aanstaande week plaasvind. Nzapayeke sê Afrika moet werk aan sy potensiaal en regeringstelsels vir ‘n Afrika-benadering tot handel. Hy sê daar moet eers gefokus word op beter onderlinge handel tussen Afrika-lande, voordat hulle by Westerse markte aanklop.