FNB Namibia-hoof lei Bankiersvereniging

Die uitvoerende hoof van FNB Namibië, Erwin Tjipuka, het die voorsitterskap van die Bankiersvereniging van Namibië oorgeneem. Die verantwoordelikheid van die voorsitterskap van die vereniging roteer jaarliks tussen die besturende direkteure of hoof uitvoerende beamptes van kommersiële banke in die land. Tjipuka neem oor by Bank Windhoek se besturende direkteur, Baronice Hans. FNB se kommunikasiespesialis, Hileni Amadhila, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.