FlySafair hof toe oor internasionale roetes
FlySafair het ʼn dringende aansoek ingedien om ʼn uitspraak te keer wat sy internasionale roetes bedreig weens die oortreding van regulasies oor buitelandse eienaarskap. Die internasionale bestemmings van FlySafair sluit in Mauritius, Zambië, Zimbabwe, Mosambiek en Namibië. Volgens News24 is die redery van mening die beperking van die aanbod op hierdie roetes kan vlugtariewe laat styg en reisplanne ontwrig weens die hoë aanvraag hierdie somer. Die redery verseker passasiers binnelandse vlugte word nie geraak nie en onderneem om enige ontwrigting aan internasionale dienste te beperk.