FlyNamibia gee beurse aan vier vlieënierstudente

Fly Namibia het sy vlieëniers-beursprogram in November 2021 bekend gestel en meer as 1 400 aansoeke ontvang. Die vier suksesvolle kandidate, almal Namibiërs tussen 23 en 24, is deur FlyNamibia verwelkom. Die kandidate sal indiens-opleiding in alle aspekte van die lugvaartbedryf kry, insluitend vlieëniers-opleiding, kajuitpersoneel, vliegtuig-ingenieurswese asook finansies en bestuur. Ná die voltooiing van hul opleiding en studies van drie jaar, sal hulle ‘n beter afgeronde begrip van die bedryf het.