Fly Etosha sal die jaar in die lug wees

Die oud-Air Namibia kaptein, William Ekandjo, sê hy hoop om Fly Etosha teen Junie in die lug te hê. Hy het met NTV gepraat. Hy sê ten spyte van die feit dat FlyNamibia vroeër beswaar aangeteken het, voldoen sy redery aan al die regulatoriese vereistes soos nodig. FlyNamibia het intussen sy besware teruggetrek. Ekandjo glo ook nog ‘n redery sal die bedryf meer mededingend maak wat goed is vir verbruikers. Hy sê hy sal dalk nie al die vliegtuie vir sy operasionele planne onmiddellik kan bekom nie maar dat dit geen kwessie was om operasioneel goedgekeur te word nie.