Fly Etosha kan weer aansoek doen – na aanpassings

Die vervoerkommissaris in die ministerie van werke en vervoer het die aansoek deur Fly Etosha vir ‘n bedryfslisensie van die hand gewys. Die woordvoerder van die ministerie, Julius Ngweda, het dit aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig maar hy voeg by dat die aansoeker, oud-Air Namibia kaptein William Ekandjo, wanneer hy Vrydag sy redes hiervoor ontvang, aanpassings kan maak en weer aansoek kan doen. Ngweda verduidelik.