Fly Etosha – Ekandjo probeer weer

William Ekandjo, die oud-Air Namibia kaptein, sê hy het die tekortkominge van sy onlangse aansoek vir ‘n bedryfslisensie vir Fly Etosha Airways, aangespreek en is gereed om dit weer in te dien by die Namibiese Vervoerkommissie. Hy het aan plaaslike media bevestig dat hy skat die proses behoort ‘n maand of wat te neem. FlyNamibia het vroeër sy beswaar wat hy aangeteken het teen die registrasie van Fly Etosha, teruggetrek. Ekandjo het melding gemaak van ‘n moontlike tekort aan befondsing maar meen die nodige geld kan ingewin word.