Fluitjieblaser-wet: Daar’s nie geld om dit te implementeer nie

Die regering is deur die Instituut van Openbare Beleidsnavorsing gevra om dringend die Wet op die Beskerming van Fluitjieblasers, wat in 2017 aanvaar is, te implementeer. Die instituut sê die vertraging is ‘n bewys dat daar nie die politieke wil is om korrupsie te beveg nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Josephine Nghituwamata, die woordvoerder van die Teenkorrupsie Kommissie, wat sê hulle hoop daar was fondse beskikbaar om die wet in werking te stel.