Florida-man se ‘vasgemaakte” huis maak dit ongedeerd deur orkaan Milton

Daar was ‘n hele paar mense wat gedink het die man is mal om sy huis vas te maak met bande… maar dit het gewerk

’n Man in Florida het sy huis self versterk om dit te beskerm teen orkaan Milton. Hy het die huis met spesiale bande en DIY-tegnieke vasgemaak, wat die huis gehelp het om die orkaan ongeskonde deur te staan. Hy het metaalhake in die grond geplant, en in sement. Dik bande, die soort wat gewoonlik gebruik word om vraghouers in posisie op skepe te hou, is toe aan die hake op die grond gekoppel om te keer dat die dak oplig terwyl die storm die gebied getref het.

Terwyl baie huise in die omgewing beskadig is, het sy huis nie ’n skrapie opgedoen nie. Sy voorbereiding en vindingrykheid het hom gehelp om sy huis veilig te hou te midde van die verwoestende storm.