Flink loods red passasiers met B2-pad noodlanding

Die vinnige optrede van die loods van ’n ligte vliegtuig wat vir toeriste-vlugte langs die Namibiese kus gebruik word, het daarin geslaag om passasiers te red toe hy ’n noodlanding op die B2-pad tussen Swakopmund en Walvisbaai uitgevoer het. Aanvanklike verslae lui dat die noodlanding sonder enige komplikasies uitgevoer is en dat niemand beseer is nie. Daar word vermoed dat enjinprobleme die rede vir die noodlanding was. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die hoof van die direktoraat van vliegtuigongelukondersoeke in die vervoer-ministerie, kaptein Magnus Abraham, wat sê dat hulle ‘n ondersoeker aangestel het wat op pad kus toe is.