Fitch se afgradering is laat, ekonomie toon reeds herstel

Cirrus in die hoofstad sê die tydsberekening van die afgradering van Namibië se kredietgradering na ‘n negatiewe vooruitsig, moet bevraagteken word. Die krediet graderingsagentskap Fitch het Namibië se kredietgradering van B1 na BB afgeskuif en die vooruitsigte afwaarts aangepas. Robert McGregor sê daar is reeds beter vooruitsigte vir die plaaslike ekonomie.