Fisikus sê oor vuurpyl wat vandag maan tref

Daar is meer inligting oor die vuurpyl wat na verwagting vandag die maan sal tref. Dit is toe nie Elon Musk se Falcon 9 nie maar is deel van die Long March 3C-vuurpyl wat in Oktober 2014 deur China gelanseer is. Dit vorm eintlik deel van ruimte-rommel maar, sal na verwagting vandag die maan tref teen ‘n spoed van 9 300 kilometer per uur. Alle berigte lui dat die impak minimaal sal wees maar Kosmos 94.1 Nuus wou meer weet en het met dr. Riaan Steenkamp, hoof van Unam se fisikadepartement gesels.