Fishrotters sal die week pleit
Die Fishrot-verhoor kom vandag voor vir pleit en verhoor. Dit kom na regter Moses Chinhengo einde Augustus beveel het dat die strafregtelike verhoor in die Fishrot-saak sal voortgaan. Die beskuldigdes sal die week en volgende week op die oorblywende aanklagte pleit. Die rooster vir die res van die hofverrigtinge sal voortgaan in oorleg met die beskuldigdes se regsverteenwoordigers. Die beskuldigdes word aangekla van die korrupte ontvangs van minstens 300 miljoen Namibiese dollar om die Yslandse maatskappy Samherji te bevoordeel in toegang tot maasbanker-kwotas.