Fishrot-verhoor nogmaals uitgestel
Die Fishrot verhoor kom net nie uit die blokke nie. Die beskuldigdes was weer voor regter Moses Chinhengo in die hoërhof, maar die saak is nogmaals uitgestel. Beskuldigde Nigel van Wyk, wie se aansoek om verlof tot appèl vir Chinhengo se onttrekking verlede week van die hand gewys is, neem nou die kwessie hooggeregshof toe. Hy het ‘n petisie in die verband aan die hoofregter gerig deur sy prokureur, Mbanga Siyomunji. Chinhengo het die strafsaak-verhoor tot 5 Julie uitgestel. Die datum is voorlopig, met die hoop dat die Hooggeregshof dan al uitspraak sou gelewer het. Van Wyk het in sy aansoek om onttrekking gesê hy vrees ‘n bevooroordeelde verhoor met Chinhengo op die bank.