Fishrot-verhoor begin uiteindelik
Die Fishrot-hofsaak het uiteindelik in die hooggeregshof begin, ten spyte van toesprake deur onder meer oud-justisieminister Sacky Shanghala, een van die verdagtes, asook van die ander aangeklaagdes wat gesê het hulle is nie gereed om te begin nie. ‘n Ander verdagte, James Hatuikulipi, het selfs betoog dat hy voel hy behoort vrygelaat te word, want hy het reeds ‘n vonnis uitgedien.
Regter Moses Chinhengo, wat reeds in November verlede jaar die verdagtes gewaarsku het dat die verhoor hierdie week moet begin, het egter genoeg gehad en gelas dat die verhoor voortgaan.
TERUG: Die verhoor het begin en is aan die einde van die hof-dag uitgestel tot môre.