Fishrot-regter staan bankvas teen aantygings, beskuldigings

Ten spyte van verskeie besware en klagtes deur die beskuldigdes, sal die Fishrot-verhoor volgende week Woensdag voortduur. Vir die beskuldigdes sonder regsverteenwoordiging – Sacky Shanghala, Ricardo Gustavo, Pius Mwatelulo en James Hatuikulipi – het regter Moses Chinhengo ‘n onskuldige pleit ingedien. Mbanga Siyomunji, regsman vir Tamson Hatuikulipi en Nigel van Wyk, het te kenne gegee dat hy Dinsdag ‘n aansoek sal bring vir die verwydering van die regter in die saak. Oudministers Bernhardt Esau en Sacky Shanghala het albei reeds uitgevaar teen die regter.