Fishrot-lot se bates bly gevries
Die hoërhof in Windhoek het ‘n aansoek van Fishrot-beskuldigde, James Hatuikilipi, van die hand gewys. Hatuikulipi wou die beperkingsbevel wat deur die aanklaer-generaal se kantoor verkry is en toegelaat het dat sy bates gevries word, ter syde laat stel. Die bevel, wat in November 2020 toegestaan is, het die bankrekeninge en eiendomme van groep beskuldigdes gevries. Regters Herman Oosthuizen en Collins Parker het die saak van die rol verwyder. Net drie uit die 27 beskuldigdes in die sage, het tot dusver regsverteenwoordiging vir die saak teen hulle bekom. Die datum vir die saak sal op 23 Oktober bepaal word maar, daar word verwag dit sal eers volgende jaar begin.