Fishrot-beskuldiges gaan op 5 Desember pleit

Uiteindelik is daar vordering met die Fishrot-hofsaak. Die beskuldigdes, wat vandag in die Windhoekse hooggeregshof voor waarnemende regter Moses Chinhengo verskyn het, sal op 5 Desember gevra word om te pleit. Die groep sluit die voormalige kabinetsministers Bernardt Esau en Sacky Shanghala in. Hulle staan op 40 kriminele aanklagte tereg in verband met bewerings dat hulle ten minste 103,6 miljoen Namibiese dollar ontvang het om ‘n mededingende voordeel aan die Yslandse vismaatskappy Samherji te gee vir visvangkwotas.