Fishrot-beskuldigde se borgtogverhoor weer tot môre uitgestel

Die borgtogaansoek van een van die Fishrot-beskuldigdes, Tamson Hatuikulipi, is vandag vir die derde keer vir argumente tot môre in die Windhoekse hoërhof uitgestel. Die hofverrigtinge, wat vandag sou plaasvind, het nie begin nie, aangesien Hatuikulipi se advokaat Richard Metcalfe nie gereed was nie en tyd nodig gehad het om hul dokumente in orde te bring. Die staat het sy teleurstelling uitgespreek.