Fishrot-beskuldigde Nigel van Wyk onttrek borgaansoek

Een van die Fishrot-beskuldigdes Nigel van Wyk het sy borgtogaansoek in die Windhoekse hoërhof onttrek. Sy regspan het gevra dat Van Wyk se borgtogaansoek van die hofrol verwyder moet word. Volgens sy regsverteenwoordiger, Jermaine Muchali, sal ‘n nuwe borgaansoek volgende jaar ingedien word.