Fishot dalk vandag uit die blokke uit 

Die Fishrot verhoor sou op 5 Julie vir die strafsaak voorgekom het maar, dit is weer vertraag tot vandag toe. Nigel van Wyk is toe ingelig dat sy versoek aan die hoofregter om in die hooggeregshof te appelleer teen die weiering deur regter Moses Chinhengo om van die saak te onttrek, van die hand gewys is. Die versoek is reeds einde Mei ingedien. Die saak is weer deur regter Moses Chinhengo uitgestel tot vandag en daar is hoop dit begin, uiteindelik.