Firma-bestuurder oorleef lokval

Die kusstreeksbestuurder van Stefanutti Stocks, Matthew Horwill, het ‘n aanslag op sy lewe in Pinetown, wes van Durban, oorleef. ‘n Gewapende man het die 44-jarige in ‘n hinderlaag gelei toe hy die hoofkwartier van die maatskappy nader en het minstens sewe keer na die motor geskiet. Horwill is in die arm gewond. Hy is in Maart as die besturende direkteur van die kusstreek aangestel, maar is reeds sedert 2003 by die maatskappy. ‘n Saak van poging tot moord is geopen en die verdagte bly op vrye voet.