Finse minister wat massa-aborsies in Afrika vra, bedank
Die nuwe Finse koalisieregering is in ‘n krisis gedompel met die minister van ekonomie, wat bedank het, ‘n week na hy aangestel is. Die verregse Vilhelm Junnila was gedwing om te bedank na dit onthul is dat hy in 2019 in die parlement gesê het Finland moet massa-aborsies in Afrika ondersteun – om die klimaatkrisis te bekamp. Hy het gesê dat in onderontwikkelende Afrika-gemeenskappe die aantal kinders groot kan wees, en die probleem eskaleer namate klimaatsverandering hulle dryf, as gevolg van hongersnood, siektes en uiterste weer, om ‘n beter lewe te soek in ander plekke wat ‘n groter koolstofvoetspoor tot gevolg het. Hy het dit as klimaat-aborsies beskryf.