Finland word vandag ‘n lid van Navo

Finland word vandag die 31ste lidland van Navo. Die sekretaris-generaal van die Westerse militêre alliansie, Jens Stoltenberg, sê die Finse vlag sal vandag die eerste keer by Navo se hoofkwartier in Brussel, België, gehys word. Die Nordiese land se aansoek het gevolg  na Rusland se inval in Oekraïne, aangesien Finland ‘n lang grens met Rusland deel. Intussen staan Turkye Swede se aansoek teen om ook ‘n lid van die Navo te word want hy beskou Swede en Finland as ondersteuners van terrorisme.