Finland sluit môre by Navo aan

Die sekretaris-generaal van die Noord Atlantiese Verdrags-organisasie, Jens Stoltenberg, het aangekondig dat Finland môre by Navo sal aansluit as die organisasie se 31ste lidland. Finland, wat ‘n lang grens met Rusland deel, het aansoek gedoen om by Navo aan te sluit na Rusland se inval in Oekraïne. Die Turkse regering het aanvanklik die aansoek vertraag weens ‘n klagte dat Finland ‘n terreur-organisasie in Turkye steun. Swede se aansoek om lidmaatskap word steeds deur Turkye vertraag weens ‘n soortgelyke klagte. Stoltenberg sê die nuwe lidmaatskap sal verseker dat Finland ‘n veiliger land is, en sal ook die alliansie versterk.