Finland gee militêre hulp aan Oekraïne

Finland het aangekondig hy gee ‘n 400 miljoen euro militêre hulp-pakket aan Oekraïne, sy grootste tot nog toe en dit sluit swaar artillerie in. Die ministerie het nie verdere inligting oor die inhoud van die pakket bekend gemaak nie, maar sê die hulp sluit nie Luiperd-tenks in nie. Dit is die Nordiese land se 12de pakket met verdedigings-toerusting aan Oekraïne. Die ministerie sê Finland sal ‘n sogenaamde Voorneme-verklaring met Swede onderteken oor ondersteuning vir Oekraïne, om seker te maak dat dit nie die nasionale verdediging van die twee lande in gevaar stel nie.