Finansministerie prys Shiimi na toekenning

Namibië se finansminister, Iipumbu Shiimi is aangewys as Finansminister van die Jaar by die 2024 Afrika Bankier-toekennings. Die ministerie se woordvoerder, Wilson Shikoto, sê Shiimi word erken vir sy leierskap wat bygedra het tot Namibië se ekonomiese groei en finansiële bestendigheid te midde van uitdagende tye. Hy sê die toekenning weerspieël Shiimi se visioenêre benadering en motiveer die departement se personeel om aan te hou streef na uitnemendheid in die staatsdiens.