Finansiering van SME’s (steeds) onder die loep
Struikelblokke rondom die finansiering van klein en medium ondernemings het in die parlement onder die loep gekom. Die wetgewer Maximalliant Katjimune het ‘n beroep gedoen dat ‘n ondersoek hierna geloods word. Hy sê so ‘n ondersoek is noodsaaklik om toegang tot befondsing te verbeter en die ekonomiese potensiaal van die sektor te ontsluit. Navorsing wys dat hierdie besighede werk en inkomste verskaf aan ongeveer 160 000 mense, wat ongeveer een derde van Namibië se arbeidsmag uitmaak. Meer as 70 persent van hierdie ondernemings in Namibië misluk egter binne hul eerste jare, ‘n tendens wat vererger word deur globale ekonomiese uitdagings. Handelsminister Lucia Iipumbu het hierop gesê dat die Namibiese Beleggingsbevordering en -ontwikkelingsraad in beheer is van klein en medium ondernemings asook nuwe ondernemings.