Finansiële stelsel kry binnekort ‘n hupstoot

Die Nasionale Betalingskorporasie van Indië sê sy oorsese arm het ‘n ooreenkoms met die Bank van Namibië gesluit vir die ontwikkeling van ‘n kitsbetalingstelsel vir Namibië. Hierdie strategiese vennootskap het ten doel om digitale finansiële dienste te verbeter en intydse persoon-tot-persoon- en handelaar-betalingstransaksies te versterk. Luidens ‘n verklaring sal die bank toegang verkry tot die beste tegnologie en insigte, wat die skep van ‘n platform vir die digitale welsyn van sy burgers moontlik maak. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Josefina Oskar, die Bank van Namibië se woordvoerder, oor wat dit vir die land sal beteken.