Finansiële misdaad styg tydens pandemie, feesseisoen

Dit is volgens kundiges duidelik dat Covid-19 en die feesseisoen wat om die draai is, ‘n noemenswaardige invloed op finansiële misdaadtendense soos bankbedrog het. Namate klante hulle tot aanlyn inkopies wend en betalings op toepassings vereffen, het misdadigers hul pogings om kliënte te bedrieg, toegeneem. Elzita Beukes, FNB se kommunikasiebestuurder.