Finaliste van OM SEED bekend

Old Mutual het sy 40 kortlys-kandidate vrygestel vir die Old Mutual Sustainable, Economic, and Empowerment Drive, of te wel OM SEED Entrepreneurskapsprogram, wat tans in sy derde uitgawe is. Vanjaar se fokus is die Ohangwena-, Oshikoto-, Zambezi- en Kavango-Wes-streke, terwyl OM SEED in 2025 sal uitreik na entrepreneurs in Kunene, Omaheke, Omusati en Otjozondjupa – wat altesaam 14 streke in drie jaar dek. Patricia Olivier, voorsitter van die Old Mutual-stigting.