Finale voorbereidings in Wêreldbeker-krieket

Na 45 rondomtalie-wedstryde oor meer as vyf weke is tien spanne uitgedun tot vier vir die Wêreldbeker. Die gashere Indië is bo aan die punteleer en speel Woensdag teen Nieu-Zeeland, wat vierde geplaas is, in die eerste halfeindstryd in Moembaai. Suid-Afrika, wat tweede op die punteleer is, pak Australië in die ander halfeindstryd Donderdag in Kolkata. Die eindstryd is volgende Sondag in die reuse Narendra Modi-stadion in Ahmedabad. Daar is vanjaar nie enige uitspeelwedstryde om die derde en vierde plekke nie.